Get Adobe Flash player

ABOUT ME

David Fourie met sy ‘ENGEL STEM’

David Fourie as veelsydige sanger is op die voorgrond in die musiekbedryf met die uitreik van sy jongste album ‘n Stukkie Hemel (2013). Die album bestaan uit 12 splinternuwe snitte uit die pen van Vaughan Gardiner, Joe Niemand en David Fourie, Anthon Botha en Pierre Rossouw. Die eerste enkelsnit en video

Die Stem geskryf deur Vaughan Gardiner en David Fourie, pronk op alle nasionale radio- en televisiestasies.
Rapport loods met die liedjie

Vandag maak ek jou my vrou ‘n droombruid kompetisie waar een leser ‘n trourok van ThomasThomson kan wen ter waarde van R30 000.
DAVID FOURIE SE AGTERGROND

David Fourie met sy engel stem het in 2001 op Suid-Afrikaanse televisie skerms verskyn met M-Net se gewilde talent kompetisie. Sy debuut album Land in die Suide (2004) is dadelik genomineer vir Beste Kontemporêre Afrikaanse Album saam met Laurika Rauch, Coenie de Villiersen Theuns Jordaan. Die album sluit treffers in:

Ek wil jou ken
Land in die Suide en
Jy Sprei my vlerke
In 2006 volg David Fourie met ‘n album wat goue status bereik het, Kom hier na my toe. Die album bevat die nommer een treffers:

Kaboemielies en
Hou my vas stywer vas
In 2009 verkoop sy derde album Vir ‘n 100 000 Jare ook goud en hy vermaak Suid-Afrika met vars nuwe liedjies soos

Grotman
Jy soen soos ‘n engel en
Vir ‘n 100 000 jare
Ek is lucky
David Fourie die veelsyidge sanger geniet deurlopend ondersteuning van alle nasionale- en gemeenskaps radio stasies. In 2011 bring Select Musiek die album getitled Die Eerste Dekade uit om David se eerste 10 jaar se sukses en musiek te vier.

My hart het klaar besluit ‘n duet met Monique word dadelik ‘n treffer op elke radio stasie in Suid-Afrika en maak selfs golwe in Duitsland en Azerbaijan waar die liedjie geskryf is. David Fourie neem ook ‘n duet op met Afrikaanse musiek- en film legende Min Shaw, getiteld Ek is baie lief vir jou. Die lewendige optrede op KykNet se program Opskop het die grootste reaksie op die reeks veroorsaak.

In 2012 reik David Fourie die album Just for You – a Special Selection of songs uit. ‘n Persoonlike musiekale mylpaal vir David word bereik met vertolkings van John Lennon se Imagine en John Gary se weergawe van Unchained Melody.

In 2013 stig David Fourie sy eie platemaatskappy High Road Productions (Ltd)Pty en breek weg van die hoofstroom met sy ‘n Stukkie Hemel wat uitgereik is onder David se platemaatksappy.

DAVID FOURIE: MEDIA

David Fourie die veelsydige sanger geniet enorme ondersteuning van alle gedrukte en digitale pers. Sy gesig is gereeld te sien op KykNet programme soos Jukebox en Kwêla. Elke belangrike koerant publiseer gereeld artikels en resensies oor sy bekendstellings en aktiwiteite. David Fourie is lief vir kosmaak en het al op verskei kosmaak programme verskyn van KykNet soos Roer wat aangebied was deur Tammy Fortuin. Hy het in 2014 sy eerste televisie kookreeks vervaardig vir die program Kos is op die Tafel.

DAVID FOURIE SE SOSIALE WERK

David Fourie met sy engel hart is onlangs aangewys as die ambassadeur vir die SAVF (Suid-Afrikaanse Vroue Federasie). David en die personeel en vrywilligers van die SAVF beoog om sy platform te gebruik vir die bevordering van sosiale- en maatskaplike kwessies en om mense bewus te maak aan al die projekte en fasiliteite wat die SAVF in Suid-Afrika bestuur.

DAVID FOURIE: INTERNASIONAAL

David Fourie is in 2011 genooi om die Eurovision song contest in Dusseldorf, Duitsland by te woon. Hy is bekend in baie europese lande vir sy ondersteuning van Eurovision liedjies. David Fourie het in 2011 die wenlied My hart het klaar besluit opgeneem.

LATEST VIDEO

Join The Party

Poll Box

Wat is jou gunsteling Afrikaanse fliek?

View Results

Loading ... Loading ...